It may be cold outside, but the heat is on ahead of the big school's rugby clash between Afrikaanse Hoër Seunskool - Affie and Grey College at Afrikaanse Hoër Seunskool tomorrow.
The games start at 7:30 on Saturday, 21 May and the main game is at 14:10.
🏉💥 LIVESTREAM all the action here - www.facebook.com/fnbclassicclashes/posts/10158622666092653
#developingwithpurpose #LaatDaarLigWees #AffieRugby #FNBClassicClashesINTERSKOLE TEEN GREY KOLLEGE
Affies en Grey Kollege het in 1923 vir die eerste keer teen mekaar gespeel toe die beplande wedstryd tussen Grey en Pretoria Boys` High weens onbekende redes platgeval het. Grey wen hierdie wedstryd as besoekers, 0 - 7.
Daar sou eers weer in 1953 kragte gemeet word, maar slegs met die eerste span en o/15A-span. Tussen 1960 en 1965 is daar nie gespeel nie, maar in 1966 vind die eerste volwaardige interskole plaas met 16 spanne wat teen mekaar speel in Pretoria. Grey wen 11, Affies wen 4 en 1 wedstryd eindig gelykop.
Tydens die eerste span wedstryd teen Grey Kollege in 1974 word ’n speler van albei spanne na ’n woeste geveg van die veld gestuur. Dit het tot gevolg dat die jaarlikse kragmeting tussen Affies en Grey gestop word, en die eerste spanne sal eers in 1992 weer teen mekaar speel. In 1981 speel Affies teen Grey met al die spanne buiten die eerste span. Affies se eerste span moes op die dag in ‘n Admin-bekerwedstryd speel.
In 1992 speel net die eerste spanne teen mekaar op 'n rugbydag in Nigel. In 1993 speel Affies en Grey vir die eerste keer weer met al hulle spanne teen mekaar in Bloemfontein. Die eerste spanne speel gelykop, 23 elk.
In 1996 wen die Witbulle vir die eerste keer teen Grey. Twee jaar later, in 1998, wen Affies vir die eerste keer meer wedstryde as Grey in hulle jaarlikse kragmeting - 67%.
Vir die eerste keer in die geskiedenis wen albei skole eweveel wedstryde in 2018: 14 elk. In 2019 is daar 27 wedstryde gespeel, met meer as 800 seuns in totaal wat aan die bepaling deelneem.
Die 2020- en 2021-interskole het as gevolg van Covid nie plaasgevind nie.
OPSOMMING - Eerste span (1923 – 2019)
Gespeel: 44
Wen: 6 (1996, 2005, 2006, 2012, 2013, 2015)
Verloor: 33
Gelykop: 5 (1956, 1993, 1998, 2000, 2001)
MEESTE WEDSTRYDE GEWEN OP DIE DAG (1993 – 2019) (27 Jaar)
Grey Kollege - 18 keer
Affies - 8 keer
Gelykop - 1 keer in 2018
AFGRI Giflo Group
#LaatDaarLigWees #AffieRugby
... See MoreSee Less